Die een of die ander sal vra hoe mens so kan lewe maar dit was net soos ek dit hier beskryf
het. Dat ek my lyding na 'n goeie 3 dekades kon beëindig was nie vir my heeltemal duidelik hoe
dit bewerkstellig is nie. Maar ek sal dit ook nie probeer peil nie. Dit beteken ek leef nou en
sonder enige laste wat hierdie verslawing meegebring het. Ek weet natuurlik nie wat die res van
my lewe vir my gaan inhou nie maar soos ek gesê het ek het eintlik genoeg gely.